ALGEMENE INLIGTING
KAMPERING : SASKO PARK &
SASKO TENNISBAAN PARK
U is baie welkom by die ABSA KKNK en in die besonder by HS Oudtshoorn. Ons is bly dat ons u tot diens kan wees. U sal dit gou ervaar dat ons as ‘n groot gesin funksioneer. [en selfs gesinne het soms moeilikheid !]
Om u gerief te verseker, wil ons graag die volgende onder u aandag bring:
- Die meeste klagtes wat ons kry, is oor warm water in die ablusie. Ons wil versoek dat u so vinnig as moontlik stort [5 min maksimum] sodat ALMAL warm water kan geniet. [ons het ‘n ekstra 200l warmwatersilinder ingesit];
- Dan krag. U moet besef dat ons slegs tydelike krag voorsien. Dit is gewoonlik vroegoggend wanneer almal ketels, ens. gebruik dat daar kragonderbrekings is. Intussen het ESKOM ook bygekom. U kan nie ‘n hele huishouding koppel nie. Ook is die kragnetwerk so gelê dat ons soms van die een staanplek na die ander staanplek ‘n koppeling moet afstaan. Wees asseblief redelik ! SLEGS STAANPLEKKE WAARAAN KRAGPUNTE TOEGEKEN IS, MAG KRAG GEBRUIK. Ons vra u samewerking.
- Aan elke staanplek word ‘n sleutel vir die ablusie, ‘n toegangskaart en ‘n gekleurde armband uitgereik om toegangsbeheer te verbeter. [R50 deposito] Vir elke ekstra voertuig kan u ‘n ekstra kaart aanvra [R20/dag]. Die ablusiewerkers het opdrag om bewys van u staanplek te vra indien hulle twyfel. Werk asseblief saam. ELKE STAANPLEK HET ‘N SLEUTEL VIR DIE ABLUSIE. TREK ASB DIE DEUR TOE AS U INGAAN/UITGAAN. Dit is vir u gerief. Moet ook nie die deur vir vreemdes oopmaak nie. Pas asb u sleutel op – daar is nie ekstras nie ! U moet asseblief nie ekstra persone op u staanplek toelaat sonder die kampbestuurder se toestemming nie.
- Vullisverwydering : Neem asb kennis dat u vanjaar u swartsak met vullis in die afgebakende gebied langs die ablusie moet plaas ver verwydering. Die munisipaliteit tel dit net op een plak op. Swartsakke is by die ablusiewerkers verkrygbaar. As u orige kos het, kan u dit gerus vir die ablusiewerkers gee. Hulle is van 06:00 tot 22:00 aan diens om die ablusiegeriewe skoon te hou. Behandel hulle asseblief menslik !
- As u aanmeld, kry u ‘n rol toiletpapier. Daarna is dit u verantwoordelikheid om verder in die luukse te voorsien.
- Moet asseblief nie skuif aan die bakens van die staanplekke nie. Dit veroorsaak onenigheid. Ons wil graag soos een groot gesin saamwoon.
- As u enigsins onraad merk, kontak die beheertent of die sekuriteitsbeampte dadelik. Meld asseblief paddastoelkampeerders dadelik by die beheertent aan.
- DIE OGGEND VAN U VERTREK MOET U ASSEBLIEF VOOR 10:00 U STAANPLEK ONTRUIM. INDIEN U WEER WIL BESPREEK VIR VOLGENDE JAAR, HANDIG ASSEBLIEF U AANSOEKVORM BY MY OF DIE BEHEERTENT IN. ENIGE ONVOLLEDIGE AANSOEKVORM SAL NIE VERWERK WORD NIE.
- Geen voertuig word op die afgebakende sportvelde toegelaat nie. As u besoekers ontvang, moet hulle asseblief op die parkeerarea parkeer. Geen voertuig sonder ‘n kaart sal ingelaat word nie.
Dave van der Walt
Kampbestuurder
|